Vlietend

Dis koud, minus 3 en dis 9h30 hier in die hartjie van Skotland oftewel die Central Belt. Die son skyn, al die sneeu is weg, maar as jy oor die gras loop kraak die ys onder jou voete. Ek sit by die eetkamer tafel en werk, wagtend op die man wat my “Boiler” ek weet nie wat die Afrikaanse woord is nie moet kom regmaak. Die klink sedert gisteraand soos ‘n vuurspuwende berg wat enige tyd wil ontplof. Ek is nogal skirkkerig vir die gedoente wat in ‘n kas in my kombuis is en wat deur gas aangedryf word. Het maar ‘n natuurlike benoudheid met gas rondom my, waarom weet ek nie. Ek hou dus die pad en my hek so onderlangs dop want Miseur het so uur terug van die werk af gekom en ek wil nie graag die man toelaat om my voordeur klokkie te gebruik nie.

My oog van skielik ‘n welgeklede man in swart wat in die middel van die pad opgeloop kom. Nou kyk ‘n welgeklede, bedasde man sien jy nie sommer hier in die platteland nie, dis raar en baie ongewoon veral in die area waar ons woon en onmiddelik is ek nuuskierig. Ek hou hom vir so paar sekondes dop en die volgende oomblik kom die swart neus van ‘n motor ook in my sig. EK word YSKOUD! Ek haas my na die voordeur en kyk.

Die lang swart lykswa met ‘n pragtige bruin kis bo op vol met geel en wit blomme kruip voor my huis verby en kom tot stilstand. Dis so ‘n onwerklike tafereel wat hom hier voor my afspeel, eers die man wat voor die stoet loop, dan die lykswa en dan die limousine met die hele familie daarin, almal in swart, netjies gestrik en gedas, almal met ‘n blou gesigsmaskers. ‘n Skamele handjievol wat toegelaat word om afskeid te neem.

My oog van een van die insittendes en ek salueer hulle!

En ek huil, onbeheersd, vir iemand wat ek nie ken nie, maar dat ek wel weet is dat dit ‘n mamma was. Waaraan sy oorlede is weet ek nie, maar dis wel aan my oorgedra laas week, en ek huil. Vir my is lewe en dood wat gebeur, Dit moet gebeur, Jesus is gebore en het gesterwe en ons almal moet. Dis onafwendbaar, hoe en waar is die seermaak en moeilik maak deel. Die deel met die verlies en die leemte is erger as die dood. Die persoon se teenwoordigheid wat nie meer daar is nie, is die werklikheid. En ek huil want ek weet nie of hierdie mamma die Here geken het nie, of sy ‘n verhouding met Hom gehad het nie, of sy tyd gehad het om haar lewe met die Here reg te maak nie…en dit laat my so hartseer en verslae voel. En ek voel so onsettend skuldig.

My gedagtes hardloop onwillekeurig na die leemte wat gelaat is, nog ‘n familie en kinders wat in hierdie onstuimige land sonder die anker van die ma in die huishouding voortaan moet klaarkom. Hier is die vroue die ankers van die families.

Ek het tydens my laaste geveg met die jongelinge in die straat wat ons so verpes verneem dat die een seun se ma oorlede is, maar ek het gedink dit was onlangs, ek het nie besef dis nou nie en ek was so opgeskeep en woedend vir hulle dat die oomblik wat ek kon gebruik het om Jesus se liefde te bewys verbygegaan het sonder dat ek iets gedoen het.

Ek besef dis vlietend. Ons lewe, ons geleenthede. Ons kans om ‘n siel vir Jesus se koningkryk te wen. Dis vlietend! En jy, as jou tyd kom, waar is jy?

Sponsored Post Learn from the experts: Create a successful blog with our brand new courseThe WordPress.com Blog

WordPress.com is excited to announce our newest offering: a course just for beginning bloggers where you’ll learn everything you need to know about blogging from the most trusted experts in the industry. We have helped millions of blogs get up and running, we know what works, and we want you to to know everything we know. This course provides all the fundamental skills and inspiration you need to get your blog started, an interactive community forum, and content updated annually.

Eish Ma’me

Deel een.

Hoeveel van ons moes noodgedwonge die afgelope paar maande die werk van Sarah en Johannes oorgeneem het om ons huise en tuine in stand te hou? Menigte. Ek dink veral in Suid Afrika met ons meer as voldoende arbeidsmag was dit nogal ‘n taamlike besigheid en vir baie ‘n ramp van epidermiese porporsies. Want sien ons is ‘n gemaklike nasie. En regtig vir baie is die netelige en tog so noodsaaklike take ‘n vernedering om te doen. Om dan nie eers te praat van al die balle in die lug hou nie, want ons moes van die huis af werk, vir ‘n verandering self na ons telgies omsien en agter hulle aan loop en skoonmaak, ons eie kos maak en opruim, ons eie wasgoed was en stryk, en o genade die tuin, motor en swembad moet ook skoon gehou word…..en ons mor en knor. Dan was daar in baie huishoudings nog “home schooling” bygevoeg in die kookpot! Ja, ek weet almal is nie in dieselfde bootjie nie en het of geen of baie min kere per week ‘n wonderlike huis en tuin hulp. ‘n Menigte dames het gekla “ek sien nou eers hoe half werk Maria, Sanna Gloria ens ens ens”, so asof hulle dit beter kan doen. Ja ons kan weliswaar dit beter doen, want ons het meer as voldoende tyd om dit te doen, dis immers ons huis. Nou kyk dit krap sommer my vere goed onderste bo en my bloeddruk skiet verbyy al die planete want mevrou as jy dit beter kan doen, hoekom doen jy dit nie self nie??

Ek is ‘n liberalis, ‘n kampvegter vir regverdigheid. Male sonder tal het ek al baie mense die josie ingejaag met my redenasie, maar kyk ek voel ‘n veer, want hoe lui die gesegde, as die skoen jou pas trek hom aan en as jy kwaad word oor dit waarvoor ek staan, is jy skuldig.

Ek reageer gewoonlik dadelik as volg as iemand kla oor hulle huishulpe. Wat weet jy van Sarah se omstandighede, weet jy hoe lank en hoe ver woon Sarah van jou af en hoeveel ure moet se reis om by jou huis te kom op die tyd wat jy bepaal, want moet asb tog net nie laat wees nie. Ja ek verstaan ons almal hardloop op ‘n skedule en een wat laat is krap die heel dag om, maar is dit werklik ‘n doodsvonnis of is jou gerief maar net bietjie omgekrap. Word jy vies as Sarah vir jou vra om laat te kan inkom omdat die skoolhoof haar wil sien, of omdat sy kliniek toe moet gaan om haar bloeddruk medikasie te kan kry? Weet jy dat Sarah dalk nie lekker voel nie, of dat haar maandstonde haar onder kry en sy brul van pyn. Weet jy dat Sarah ook ouer probleme het? En so kan ek aangaan en aangaan, want sien Sarah is ‘n mens soos ek en jy! Ja haar velkleur en omstandighede mag verskil van joune en haar stand in die samelewing ook, maar sy bly ‘n vrou…ja ja ja ek hoor almal se Ja Maars! Ek ken hulle, daar is kansvatters, diewe, luies ensovoorts, maar is jy elke dag lus vir werk, slow go jy nie ook maar soms nie? Het jy nie ook familie en gesins probleme wat jou aandag heel dag gevange hou en maak dat jy nie een honderd persent werk nie. Die verskil is jou foute en lui kan dalk weg gesteek word, hare nie. Wat is jou balk?? Eish Ma’me.

Deel twee.

En so onbepland word ek Sarah. Die laaste werk wat ek in my dag des lewens gedink het ek ooit sou doen vir ‘n inkomste en dit op die ouderdom van 58, fiks ja maar nie heeltemal 20 nie. Met Covid en al sy drama saam, was ons kanse om werk te kry hier in Skotland maar skaars want niks was oop nie of meeste het hulle personeel op “Furlough” geplaas. Ek weet nou nog nie wat die Afrikaanse woord daarvoor is nie. Maar so roer die Here toe my pot so bietjie en kry ek wonder bo wonder ‘n kantoor werkie by ‘n baie jong baasmannetjie, ‘n volle 24 jaar oud, ‘n knapie met respek vir mens se ouderdom, maar kwaai! En sowaar ons is ‘n proffesionele skoonmaak diens verskaffer wat na AirBNB omsien en dan ook skoonmaak dienste aan privaat huishoudings verskaf. Ons het dames vanaf Poland en Roemenie wat vir ons werk, en alles verloop goed! Ek werk aanvanklik net 4 ure ‘n dag en verdien ‘n paar ponde wat Wonderlik is! Dis baie duur om met ons SA rande hier te leef, veral as jy 1 pond betaal maar eintlik R22 gebruik. So ruk ek die kantoor reg, kry stelsels in plek, en ons werk heerlik.

Ek doen inventarisse van die eenhede wat ons skoonmaak en kry hulle inhoud op standaard, klim party dae tot 3 000 trappe en loop kilometers, en geniet my gate uit. Ek leer die stad ken, al die hoekies en draaitjies, sien die pragtigste plekke binne en soms ook hole wat aan studente verhuur word. Die ure word meer, die verantwoordelikheid ook, maar ons kook. Ek en baas mannetjie bou ‘n wonderlike verhouding op, ons stamp koppe en dan is ons woes kwaad en baklei in Engels dat die spoeg spat, maak op en werk weer, want ons is altwee bietjie “OCD”.

Een van die huise wat telkemale in tydskite verskyn

En toe koop ons huis, 38 myl uit die stad uit en net 17 myl van Glasgow. Ek wil bedank, maar baasmannetjie wil niks weet nie. Ons bekom toe die kontrak om sy pa se 5 huise wat hier rondom my dorp is te mag diens en skoonmaak, maar dit beteken ek gaan die werk vir eers self moet doen totdat ons groot genoeg is met die vertakking om personeel te kan aanstel. Ek en Miseur spring in want sien hy het nog nie werk gehad nie. Sommige dae gaan ek in Edinburgh toe en beheer die kantoor en hou die jongklomp in toom, ander dae maak ons skoon afhangende van die besprekings. Ons neem die eiendomme oor en gee dit ‘n Grobler Clean, goed en deeglik en glo my alles word gedoen van bo tot onder. Sarah en Miseur werk dat dit klap, soms het ons 2 tot 3 eiendomme wat op een dag skoongemaak moet word. Die groottes van die plekke verskil, party is 2 slaapkamer woonstelle of huise en ander het 5! Party maak maklik skoon en ander bitter moeilik want elke huis het sy eie karakter en geite. Dis eintlik uniek hoe dit werk. Ons val vinnig in ‘n ritme, hy takel die beddens en badkamers en suig die matte. Die beddens word met militere presisie gedoen. Ek wikkel in die kombuis en stof af en maak aan die kant en al die dergelike!

Miseur kry werk en ek eindig alleen op. As ek opdaag by ‘n huis, sit ek my musiek aan en luister na my radio stasie terwyl ek skoonmaak. Ek het ure met my eie gedagtes want ek is stoksielalleen. Ek en die vuil wat moet skoon. En ek wonder oor die mense wat daar woon. Baie van die huise word aan kontrakteurs van ander lande verhuur, ander is weer toeriste en sommiges net Skotte wat heen en weer reis. En ek wonder oor hulle lewens, hulle omstandighede, hulle verlange om soms maande weg te wees van hulle geliefdes. Dit het al ‘n paar keer gebeur dat ek die dringendheid in my siel voel om vir die persoon wat op die bed slaap wat ek opmaak te bid, en dan bid ek. Ek bid oor die huis terwyl ek skoonmaak, ek bid vir God se genade, vir hulle siele en vir hulle as mens.

Male sonder tal dink ek aan my Glenda en hoeveel sy elke keer moes doen en hoe sy moes wikkel om my grote huis in die bepaalde tyd skoon te maak, wasgoed te was en te stryk. Dan “whatsapp” ek haar sommer en se nog ‘n keer dankie vir haar lojale jare. Want sien, ons het ‘n bepaalde tydsduur per huis en ook verskillende tipes skoonmake of “cleans” onder andere, “turnover”, “light clean”, “end of tenancy”, “void clean”, “deep clean” ens. So jy kan nie luier of slaap nie jy moet hardloop en deeglik wees, dis nogal soms ‘n groot uitdaging. En jy word skoonmaak fiks en daardie snaakse spiere op snaakse plekke is nie meer so styf nie, en jy word nie meer moeg nie.

Soms stap jy in en jou moed sak vierkantig in jou skoene, want ‘n orkaan het die plek getref, of die varke het uit die hok ontsnap, en glo my ‘n sekere nasie wat aan die verkeerde kant van die planeet woon en alles wat beweeg verorber en virusse versprei is van die vuilste en slordigste gaste wat jy kan kry. 14 vullissakke tussen 3 mense in 3 dae…maak maar die som! Dan voel jy na ene met “Eish” want moor kan jy nie. Ander kere berei jy jou voor op die ergste en dan slaan jy om van skok, want daar is ‘n bos blomme op die tafel met ‘n nota aan die cleaner wat lui “To the cleaner. Thank you so much for caring and for cleaning our apartment” en dan is die plek silwerskoon gelaat, beddens gestroop en vuil linne in sakke gesit!! Sulke gaste sal jy sommer dooddruk.

Op en af en nie een dag dieselfde nie, van dronkgat parties tot nerds, iets van alles. Jy raak ‘n boffin op alles wat ‘n skoonmaak wenk is, jy leer oonde se deur afskroef, swart “mold” verwyder, rook reuk uit beddens kry alles so in een stryk en jy doen dit met waardigheid want jou naam is jou bloudruk. Jy doen elke skoonmaak asof jy dit vir jouself doen, asof jy die Sarah is wie se Ma’me van haar net die beste verwag, maar ek doen dit uit dankbaarhied dat ek in die onstuimige tyd ‘n werk het. Ek kon nou al weer ‘n vaste 8 tot 5 werk gerky het daarvan is ek seker, maar die vryheid wat gepaard gaan met my werk, die rondry en dele van die land sien weeg swaarder.

En God is goed. Ons het nog 2 baie groot kontrakte los geslaan en raai wat die Glasgow tak onder my beheer is besig om die gesogte Edinburg tak die loef af te steek. Ek het cleaners aangestel, mense van Suid Afrika want ek het ‘n naam vir ons opgebou in die besigheid as hardwerkend, betroubaar en lojaal wat net die beste skoonmaak werk doen! Haha baasmannetjie wil nou net SA’ners aanstel!! VIVA SA!

So doen ek elke dag my taak, soos wat God dit van my verwag as Sy kind, met oodmoed, eerlikheid, doelgerigtheid en na die beste van my vermoe, ongeag die stand van die plek totdat Hy vir my ander deure oopmaak. En elke dag kry ek kans om Jesus se liefde uit te straal en te deel met die rondom my! Sy opdrag was gaan en maak dissipels, ek het nie geweet hoe nie, maar nou weet ek deur van die vuilste huise voor te berei vir wildvreemde mense, hulle toilette en skottelgoed te was, hulle beddens op te maak en vir hulle te bid!

En my kaste kreun. Soms dra ek nagenoeg 4 sakke vol kos uit die huis uit. Nou sien ek al die oge wat rek!! Sies ander mense se kos!! Ag nee o vrek! Dis eintlik so maklik. As jy jou lewe lank besorg was oor kos en vermorsing maak jy gou ‘n “Recycle Plan” Goeie onoopgemaakte produkte vat jy vir jou soos eiers botter ens. En glo my daar is vele artikels. Baie van die kosse eet ons glad nie soos 2 minute noodles en vele ander kitskosse. Dit gaan in ‘n krat wat ek een keer per maand by ‘n kosbank ingee. Alle brode en skyfies ens word huis toe gebring…ons voer die voels. Onoopgemaakte gevriesde produkte eindig op in my vrieksas, en kerun my koskaste en yskaste van tonne kos wat ek nie self gekoop het nie. God voorien op Sy manier. En ons mors nie!

Ek deel so paar voor en na fotos. Daar kan julle sien hoe party plekke lyk voor ons skoon gemaak het en daarna. Hierdie was ‘n skoonmaak terwyl die gaste nog tuis gegaan het aldus die klere op die bed, want jy raak nie aan hulle besittings nie.

Eintlik wou ek maar net ‘n lansie breek vir skoonmakers, waar ookal in watter land ookal!

En soos wat ons skoonmaak, doen ons dit met trots! Covid maak dit moeilik, daar is so baie regulasies. Ons moet met volle mondering werk, masker, handskoene en voorskote, ons moet saniteer, ontsmet, versigtig wees. Ons is elke dag blootgetsel aan ‘n onsigbare kiem wat oordraagbaar is. Jy werk in spasies wat moontlik deur siek mense beset was..het jy geweet die kiem leef tot 72 uur op glas en 11 uur op Stainles steel. En ja ons weet nie altyd as daar ‘n siek gas in die huis was nie. Ons leef in genade. Ons maak skoon in vaste vertroue dat ons gesond sal bly!

Eish Ma’me

En ek vra verskoning vir al die woorde wat minus leestekens is, ek werk op ‘n Macbook wat aan my geleen is en wat absoluut grieks is!

Reënboog beloftes.

Baie moeg het ons vroeg gaan inkruip, en die dinge gebeur. Ek skrik wakker en kon nie verder slaap nie, was nogals heeltemal buite weste omgekrap oor ons Eerste Minister se aankondiging dat alleenlik Kersdag in ‘n “borrel” deurgebring mag word. Die Kent kinders het alreeds besluit die 5 toelaatbare dae vir reis is te kort vir Elly (Jack Russel) se gerief. So ons gaan hulle sien nie. Dis vir die baba Suid Afrikaner en Potato (Siamees seuntjie) te vêr om oor te kom vir ete so dis ons 2 oues van dae en die Skotte wat saam sal wees met natuurlik juffrou Rosie (Franse bulhond) en Madame Tuna katkind (befaamde wêreld reisiger). So beplan ons dus om die 24 tot 26ste die 28 myl na die Skotte toe te ry (dis in ‘n ander streek). Ons val in verskillende vlakke van inperking maar ons mag mos nou vir 5 dae meng. So vermaan die kundiges en dinge kook in die VK. Maar die borrel het gebars vanmiddag 1 uur en die soveelste aankondiging dat KERSDAG alleen saam deurgebring mag word en as jy nie na jou bestemming toe kan gaan en terugkeer na jou eie huis toe op dieselfde dag nie, is dit te vêr en nie toelaatbaar nie. Einde is nie in sig nie want middernag die 26ste gaan die hele Skotland weer vir 3 weke in die strengste inperking in. Geen werk, geen reis NIKS !

Ons gryp die geleentheid vanoggend aan om die Skotte te gaan help om ‘n stoor in die tuin te help opsit, want ek moet stad toe gaan om te gaan werk en ook om medikasie te kry vir Miseur. Dus is dit nie ‘n nie-noodsaaklike rit nie en mag ons soontoe gaan. Ons gees is lig want dis Saterdag en ons gaan kuier!

Dis ‘n pragtige dag vol belofte van mooi weer en min reën en naby aan die Skotte se huis sien ons skielik die mooiste en helderste reënboog wat ek in jare gesien het.

Volmaak in my horison met al die kleure nie net een of twee strepies nie.

Ek moet sê dat ek in my 58 jaar nog nooit so baie reënboë gesien het nie, soms as ek Glasgow toe ry sien ek meer as 3 tot 4 op verskillende plekke, maar nie een het vanoggend sin oortref nie.

In my nagure wat ek nou hier wakker sit en my gees onsteld is oor die wêreld en die gevoel van magteloosheid my wil oorval onthou ek die reënboog. Ek stoot dadelik die vrese oor Baba Suid Afrikaner en Potato wat besig is om finale reëlings te tref vir hulle verhuising na ons toe einde Januarie opsy, die vrees wat wil posvat dat my arme kind wat alleen alles vir sy trek moet doen ( en ag hy is tog so stadig en in ‘n wêreld van sy eie, heeltemal onderstebo) nie sal kan oorkom nie, eenkant toe.

Ek lees bietjie weer oor die verskynsel en ons almal weet dat dit is God se teken aan Sy volk was dat Hy nooit weer die aarde met water sal vernietig nie. Ek kla by God oor alles wat om ons aangaan, wat elke denbare mens op die planeet raak en sleg raak en ek wonder, peins, wroeg, kla, huil voor die Here. Dit vernietig ons menswees, bedreig ons bestaan, wis ons uit, verarm ons, maak ons moeg en mat, op gedaan en finish. As ons nie direk geraak word nie, raak dit iemand om ons. Nog nooit het ons soveel begrafnis stoete of ambulaans sirenes gehoor op een dag soos nou nie. Nog nooit was die strate so verlate nie, die mense so mismoedig en plein gatvol nie. Nog nooit het dit so gelyk en gevoel asof God ons verlaat het nie. Here? Waarom God, waarom?

En Hy herinner my aan SY pragtige reënboog vanoggend en my gees fluister vir my saggies in my onstelde hart “They that wait upon the Lord shall renew their strenght”

Ek skep hoop, gryp vas aan God se beloftes dat Hy my nooit sal vergewe of sal verlaat nie, my nooit bo my kragte sal versoek nie, my hand nooit sal los of nie my vooruit gaan nie. Hoe geseënd is ons wat die Here ken, vir wie Hy ons krag en rots elke dag is nie. Hoe bevoorreg om by Sy voete te kan sit wanneer ons nie meer kan nie, en my hart huil vir die wat God loos is.

Die besef slaan hard, in die geestelik donker land waarin ek tans woon moet ek die reënboog wees, die opdrag vervul wat God gegee het..gaan uit en maak dissipels, getuig van God se liefde en genade, troos en vertroos, bring My skape in. Deel My belofte van die reënboog van hoop!

Daar is nooit ‘n begin of ‘n einde aan ‘n reënboog nie, net so ook nie aan God se genade en Sy liefde nie.

Bea

n

Jou reseppie asseblief?

So lees ek vanoggend toevallig van ‘n e-boek, ene met soetigheid en saamgestel deur een van Rebusfontein se Goue Vroue, en daar, net daar hardloop my gedagtes.

Ons was ook eens die jonger generasie wat die familie geheime van bak en brou, kook, bottel en bêre geleer het by ons ma’s, oumas, tannies en famlie. Danksy verpligte Huishoudkunde was ons almal darem in die basiese voorberei. Oorgedra van geslag tot geslag. Helaas my dierbare moeder was geensins iemand wat daardie kuns aan ons oorgdra het nie, dit was nie haar forte nie. Sy wou net musiek maak en onvlug. Maar genadiglik het ek ander rolmodelle gehad, sterkes soos my enigste sussie, my skoonmoeder en vele ander.

Ons het geleer om te bak en te brou, te ontdek. So ontdek ons elke dekade nuwe kos soorte, nuwe geregte, eksotiese disse. Ons leer dit voorberei, ons sit dit voor en geniet dit saam die gewilliges. Sommige geregte word gunstelinge, ‘n welkome verandering en gewoonweg net lekker. Ek het so paar daarvan.

Bees Carpachio

Ek word deel van ‘n hele aantal groepe op “facebook” ter wille van oorlewing, om in die vreemde land darem met ander landgenote kontak te kan hê. Ons ondersteun mekaar, vra raad oor wette en prosedures en vele meer, waar kan jy wat koop. Maar die vraag wat die jonger geslag die meeste vra is, Jou reseppie asseblief? En dis waarom vanoggend se e-boek my so laat dink het.

In ‘n vreemde land, kom ek vertel jou jy kry skielik so ongevraagd en onbepland ‘n heimweë na die lekkernye wat ons voorgeslagte gemaak het. Hulle ruil uit en vra raad, bak, brou en probeer want dis die bekende. Die dingetjie wat die verlange minder maak, en die triomf as jy dit reg kon kry.

Vir ander soos vir die Skotse man was dit om te kan “bragg”. Ousus moes opslag melkterte bak toe Skotse man dit vir die selgroep wou aanbied, sy moes haar Soet-suur vark gereg maak. Ma word opgekommandeer om Bobotie te maak en jaffels..ja ek moes ‘n jaffelpan in my tas saamsleep. Skotse vriende word genooi vir ‘n Boere braai, wors en al, en ja, verseker moes die paptert deel wees, en word die arme Skotse vrinne gedwing om die vreemde besigheid te probeer…dankie tog dit was aanvaar, tweede en derde skeppe het dit bewys. Die Kent man bak koeksisters en probeer allerhande Afrikaanse geregte, bottel en bêre die oes vanuit sy tuin. Slaan my om met ‘n nat snoek!

En ek besef, ons kan nooit onlosmaaklik wegkom van ons erfenis nie, en ons wil nie. Ten spyte van fantastiese kosse van regoor die wêreld op ons voorstoep, wil ons dit wat kosbaar is aanhou oordra aan die nageslag. ‘n Dankbaarheid teenoor die besige en bevoegde bye wat aanhou om die hartskos geheime oor te dra aan die jongelinge.!!

Groete van myself, Trotse Afrikaner! Noem-my-skottie.

Kaia (hoofstuk een van vele)

Hoe gemaak as mens in ‘n nuwe land kom? Ons was begenadig want verblyf die het ons gehad. Warm, snoesig en soos die Engelse sê “wanted”. Die Skotte het ons ope arms verwelkom en die Kents se kiewe bietjie opgeblaas omdat hulle ons ook naby hulle wil wou hê, maar 700 kilometers is net 1uur se vlug teen 30 pond per persoon weg. Maar hoe kies mens. Jy kan nie en jy wil nie. Jou verstand, leefwyse en verwagtinge bepaal jou keuse.

Miseur het besluit die Ingilse is hopeloos te neus in die lig vir die boereknaap. Die Skotte, wel hulle is gul, luidrugtig en oper. So sy keuse val toe op die land met die rokkies (hmmm ek wonder of sy verpligtige jare in die Skotse regiment tydens daardie mislike tyd in ons jongemense se lewens nie dalk ‘n blywende indruk gelaat het nie…sal dit die rokkie wees, die wys van die bene, die doedelsak of die bier???). Dit sal ons nog bepaal.

Maar so val ons keuse dus op Skotland. Beeldskoon. Baie lang somersaande met daglig tot half elf saans met sonsopkoms om half vyf, en dan die winter met donkerte vanaf half vier saans tot half nege soggens, die reën en reën, maar ook gul dae. Spoedig het ons geleer dat ‘n helder wolklose dag is heerlik maar dit BYT!!. Soek jy na ‘n matige dag dan verkies jy die ene met bietjie wolke. Nou kyk vir die blonde dassie sonsoek kind wat leef as die son skyn en dit so warm is dat die kraaie gaap, wel dis ‘n aanpassing, ene van magtige en ek bedoel magtige denk verskuiwings. Mal, ja verseker, so nutty soos n vrugtekoek sal jy dink. Maar ek moes..en ek het!! Die prys is om nader aan my kinders te wees.

Ek het ‘n baas gehad wat altyd gesê het elke dag van my lewe is ‘n nuwe hoofstuk in my boek, want geen dag gaan verby sonder dat iets gebeur nie. En so land ons in Engeland op 1 Maart 2020, kuier vir ‘n week en verhuis met 4 tasse na Skotland, Edinburgh om presies te wees. En wragtag ja ek gebruik ‘n kras woord maar presies 7 dae na ons aankoms “LOCKDOWN”, en daar staan alles soos in letterlik alles doodstil.

Ons huishouding nog meer want weens die Skotse man se fisiese toestand mag ons GLAD nie uitgaan en meng nie, hy word deur die NHS as hoogs ontvanklik en weerloos bestempel. En ons, ons bid, net nog meer. Elke dag vir God se genade, Sy beskerming oor ons en vir SY voorsiening. Ons is versigtig optimisties en begin rondbeweeg, net ek en Miseur. Ons doen die inkopies en dergelike. En ek kry werk na 2 maande…maar dis ‘n ander storie.

Lockdown word gelig einde Julie na 5 maande en ons kan huis soek..wat ‘n opwinding want ‘n slaapkamer van 3 x 3 meter vir 5 maande lank as jou hawe…uhuhu dis verg baie! En dit sal aan jou nerwe skaaf, maak nie saak wie en wat jy is nie.

En so kry ons, ons huisie! Binne die bestek van 12 ure. ‘n Skoon bord, net die dop. Alles is vervang en nuut gemaak, die belofte van God dat ons nuut begin, oor, skoon, met Hom as leiding. Die vyand het amok gemaak in die huis, gesteel, beroof en vernietig, maar ons salf en bid en huil en verstaan nie, maar God is getrou en nou na maande begin ek vir die eerste keer om kreatief te wees, my teken van genesing. Ons werskaf en beplan en doen. En soos die liedjie sê, Ek sal die Here loof, Sy lof besing. Sy Naam sal altyd deur op my mond wees. My siel roep uit na die Here, maak die Here met my groot en verhef Sy Naam.

God maak die pad en die deure oop, ek en jy bepaal hoe ons daardie pad gaan loop!

Wees geseënd!

Ek het die “landing” van my pophuis onder hande gehad. My eerste werklike skeppings tyd in amper ‘n jaar.

Groete vanuit my tuiste in North Lanarkshire Skotland

Boeretail

So woon ons by die kinders genaamd die Skotte in Edinburgh tydens ons aankoms in die land en die noodgedwonge isolasie en inperking genaamd Covid “lockdown”. Skotte het ons al met ‘n vorige kuier voorgestel aan hulle slagter. Nie sommer so ene nie hoor, maar ene wat super gewild is vir sy “freshly shot fowl”, haggi’s en Deer, kwartel en eend eiers, haas vir pasteie en alles wat wild is. ‘n Besoek aan die slaghuis, ‘n hele 12 vierkante meter groot met ‘n vriendelike slagter wie se oë omraam is deur ‘n oranje raam bril met bruin getinte lense…weird…. Ook nogal ‘n sin vir humor hoor. Ek vra tydens een koop sessie, “May I ask you a favour?” en sy gevatte antwoord was “sorry lass I am married”. Nodeloos om te sê ‘n enorme lagbui het plaasgevind. Op hierdie foto is Haggi’s, Proudly Scotland!

Ons koop egter male sonder tal die heerlikste “oxtail” of beesstert by die slaghuis en smul aan die andersins relatiewe onbetaalbaar duur vleissnit wat ons die ryk mans se vleis gedoop het in SA maar hier eintlik goedkoop is. Vroulike Skot maak vir Manlike Skot “Broth”daarvan want sy glo aan die heilsaamheid vir sy liggaam en hy kry dit as ontbyt.

Ons trek toe weg en daar begin die sports. Ons het nog nie ons huisinhoud of ons BOKSE soos almal dit gedoop het van Suid Afrika af gekry nie, Covid se lang vingers het dit ook beduiwel. Die BOKSE wag geduldig en lydsaam in ‘n stoor op Pomona naby OR Tambo op ‘n gewillige vliegtuig om dit vir ons te kan bring. Die probleem daarmee is dat al my heerlike kookgerei waarmee ek altyd beesstert gemaak het is in daardie BOKSE!.

Ek leen egter ‘n pot..dis ‘n heel ander onwettige storie, en stormloop ons naaste kleinste slaghuis. Oxtail please was my versoek, 3 pare verdwaasde oë wat my aanstaar asof ek uit die hel geval het??? Oxtail?? Oh yes we can order. But who eats oxtail? Nou bestel dan magtig kan julle nie sien ek is lus vir OXTAIL nie.

Twee dae later jaag ek om die bestelling te gaan oplaai. Vakuum verpakte pakke word vir my gegee. ‘n Somtotaal van 2 kilogram. My mond val oop en soos ons sê in SA, “maak jou mond toe dis brommer tyd” is van toepassing. Hy val letterlik oop want in die pakkie lê die grootste stukke ‘OXTAIL” wat ek nog gesien het, en nie net klein verfynde eetbare stukke nie…og nee die stert het net 3 stukke so dik soos die voorarm van ‘n rugby speler.

Ek durf die pad en die pot aan en werklik 3 ure in my onwettige pot en dis supersag…heerlike groot. Elke een kry net een stuk.

Die hele besigheid het my stom gelaat en laat dink en wonder. Ek bestel egter weer en die keer is dit nie verpak nie en kry ek weer die heel stert net in 3 stukke. Ek vra toe maar baie beskaafd en beleef of hulle dit kan kleiner sny, en wraggies die man gryp die stert en sy byl en kap dit kleiner…en my “Aha’ oomblik gebeur. Die slaghuisie is so klein daar is nie ‘n elektriese vleissaag nie, en dit pla nie. As dit nie met die mes gekap kan word nie, kry jy dit soos dit is! Ander plek gaan koop. O nee, noudat ek verstaan sal ek daar bly, en smul, want smulbaar is dit verseker.

Viva Skotse styl Oxtail op ‘n Boeretail manier.

360Grade

Wie se lewe het al ook so ‘n 360 grade ommeswaai gehad. Wel myne het. Ek is so laat vyftigs en in die tyd het my lewe totaal gedraai. Hoe drasties het ek nooit werklik besef nie. Opwindend, ja. Vreesaanjaend, ja. Onseker, ja. Uitdagend, ja. Interresant, ja. En so kan ek aangaan. Ek beleef elke dag iets nuut, of leer iets nuut en net so doen duisende ander mense dieselfde, want ons tentpenne is uitgetrek, ons word swerwers, nomade, hensoppers, lafaards wat ookal die “label” is wat mense om jou hang wanneer jy die woord emigreer noem. Of dalk, soos in ons geval net ‘n eenvoudige verstandige besluit om vir hopelik altyd naby jou kinders te kan wees…ja daardie 2 voet wesens met persoonlikhede, draers van jou DNA vir solank as die lewe dit toelaat. Ek dink ons besluit is 90 persent aangevuur deur die feit dat ons amper ons kind verloor het, dat jy “vulnerable” is, en dat ek vas glo dat God ons as families bymekaar wil voeg…soos wat dit deesdae genoem word..elke een in sy “FAMILY BUBBLE.” Ek wil graag my belewenisse deel, ek is so bang ek vergeet al die goed en sleg, ek wou nog altyd journal, maar dit kom nie maklik nie…meer my gevleulde woorde suster se afdeling, maar ek gaan probeer. Mag julle saam my reis, soms simpel, soms vrek snaak, soms maar net alledaags. Tot ek begin by die begin!